2025 SA Tweekampkampioenskappe – 5 SA Rekords!
’n Baie suksesvolle 2025 SA Kampioenskappe is op 21/22 Maart in Oudtshoorn aangebied met meer as 900 atlete van 14 provinsies wat deelgeneem het. Die venues [De Jager Atletiekbaan en NA Smit Swembad] was feestelik getooi en die weer het mooi saamgespeel om die jaarlikse skouspel uniek te maak. Tussen 3000 – 4000 toeskouers het die pawiljoene volgepak en die gasvryheid van Oudtshoorn geniet! Tydens die openingseremonie Vrydagmiddag het die burgermeester, Johan Allers, almal welkom geheet in die pragtige Klein Karoo en die hoop uitgespreek dat almal weer sal terugkeer as toeriste……Gerhard Louwrens [President SA Tweekamp] het die kampioenskappe as geopen verklaar. Daarna is die gaste by die Presidents-funksie onthaal. Saterdagoggend 07:00 het die baanaksie begin wat met die laaste swemitem 15:25. Die dag is afgesluit met die Gala-funksie op Highgate Volstruisplaas met die prysuitdeling-seremonie en ’n massiewe braaifunksie vir 1200 persone!
Die uitslae was net so indrukwekkend – in die Spankompetisie is WP weer as alghele wenner gekroon met Boland [2], Noord-Guateng [3] en Eden [4]. Die Junior afdeling het Boland gewen met WP [2], Eden [3] en Suid-Vrystaat [4]. Die Senior afdeling is gewen deur WP met Noord-Guateng [2], Boland [3] en Eden [4]. Vir die gasheer provinsies, Eden, was dit beslis ’n suksesvolle kampioenskappe met 10 goud, 2 silwer en 1 brons! In die Skolekompetisie het Eden netso puik gevaar – van die 98 laerskole eindig LS Outeniqua tweede met Paarl Gim wat wen en LS George-Suid [3]. In die Hoërskole afdeling [87 skole] verwerf HS Punt ’n brons medalje met HS Durbanville [1], HS Sentraal [2] en HS Outeniqua [4]. Die top toekennings van die byeenkoms was:
Beste Baanatleet: Carina Swiegers [G-N]
Beste Swematleet: Schalk van Heerden [G-N]
Junior Victrix Ludorem: Sophia Greeff [OP]
Junior Victor Ludorem: Jordan Heath [OP]
Senior Victrix Ludorem: Kathleen Guy van Pittius [BOL]
Senior Victor Ludorem: Pierre Spies [G-N]
Die kersie op die koek was verseker die 5 SA rekords wat verbeter is:
S/11: Blake Fischer OP
S/13: Jordan Heath OP
D/15: Saskya Kistnasami KZN
M40+: Micheal Gibson WP
M70+: Michael Archer WP
SA Tweekamp Honoris Causa eerbewyse is ook aan 3 persone toegeken: Ernst van Schalkwyk [WP], Len Symington [BOL – tweede toekenning] en Dave van der Walt [Eden – derde toekenning]. Anita Louw en Cliff Wallace [20+] en Mandi Wallace [15+] van Eden is vir hulle jare van deelname aan SA Kampioenskappe vereer. Eden medaljewenners is: Jo-Mari Smith [Sen D] – silwer; Mike McDonald [MM 80+] – goud, HS Punt [HS Skole] – brons, LS Outeniqua [LS Skole] – silwer, Eljada Nasorg [Michelle Lombard, Elizabeth Botes, Miena Baartman, Maja Ehlers, Elisma Joubert, Johan Lourens, Pieter Henning, Danie Botes, Francois Coetzee] – Spesiale Behoefte atlete] – goud.
Graag wil Eden as die organiserende provinsie net ons borge en donateurs hartlik bedank vir hulle ondersteuning:
WC Department of Cultural Affairs & Sport, SIMCASH, Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, Highgate Ostrich Farm, Alert Patrol, MG Ice, Oudtshoorn & Klein Karoo Spar, Wimpy, Debonairs & Mugg & Bean, HS Oudtshoorn, Camp Roadhouse, Kangogrotte, Eden Sport Academy, Oudtshoorn Business Chambers, Wilgewandel Holiday Farm, Cango Wild Life Ranch, Jakhals Events, Castle Lite – SA Brouery, Hoorn, Oudtshoorn Courant, EdenFM.

Dave van der Walt, organiseerder van die byeenkoms en van Eden handig medaljes oor aan Dames 60+ Lynette Fischer [1], Celeste Ruck [2] en Marieke Bouwer [3]

WP se spankapteine Quinn Koekemoer en Mila Aucamp ontvang die Spanbeker van die SA President, Gerhard Louwrens.

Eden span in die optog.

Al 14 provinsies se spanne tydens die opening met ‘n vol pawiljoen.

Eden span.

Daniel Martins van Eden sterk oppad na die wenpaal.

Die 3 hoofindoenas [Byeenkoms Direkteure]van die byeekoms, Len Symington, Dave van der Walt en Gerhard Louwrens.

Oudtshoorn se Burgermeester Johan Allers, verwelkom die spanne en besoekers.

Eregaste en SA Bestuur tydens opening – Eden voorsitter Stephnie McKay sit tweede van links.

Mike McDoland [Eden] goue medlajewenner Meesters Mans 80+

Dave van der Walt oorhandig die sertifikate aan die atlete wat 15, 20 en 25 kere die SA Kampioenskappe gedoen het [vlnr Anita Louw [20+], Cliff Wallace [20+] en tweede laaste Mandi Wallace [15+].

Gehoor [1200] by die Galafunksie se prysuideling op Highgate Volstruisplaas

Eregaste en SA Bestuur tydens opening – Eden voorsitter Stephnie McKay sit tweede van links.

Meesters dames tree aan vir die wegspring.

Marsel Roos en Juandre Swanepoel van Eden spook dit uit in die Meesters Mans 40+.

Wegspring by die NA Smit swembad.
