49ste SA Tweekampkampioenskappe in Oudtshoorn…….

May 20, 2026 | Media Release

Alles is in rep en roer soos Oudtshoorn sy [volstruis] vere regskud vir die groot geleentheid…… 862 van SA se beste atlete uit 14 provinsies wat gaan wedywer vir die medaljes en trofeê Saterdag 21 Maart 2026. Dit sal dan die 4de SA Tweekampkampioenskappe wees op Oudtshoorn aangebied word. [2020 s’n agv van Covid afgestel]. In 2025 is daar 5 SA rekords verbeter. Dit maak van Oudtshoorn beslis ‘n voortkeur venue vir nasioanle byeenkomste! ‘n Tussen 3000 – 4000 toeskouers word verwag wat gaan help om die ekonomie van Oudtshoorn ‘n hupstoot van rondom die R10m kan gee. Die publiek van Oudtshoorn kan gerus die spoggeleentheid ondersteun. Dit alles vind plaas op die De Jager Sportkompleks atletiekbaan, die NA Smit swembad [wat spog met ‘n plinternuwe dak oor die pawiljoen] en Highgate Volstruisplaas!

Die verrigtinge begin alreeds Vrydagmiddag 20 Maart met die amptelike opening wat om 16:00 op die De Jager Sportkompleks atletiekbaan plaasvind. Dit word voorafgegaan deur die spanbestuurdersvergadering [12:00], die neem van die amptelike spanfoto’s [vanaf 13:00] en die 14 provinsiale spanne se verbymars! Na die opening woon genooide gaste die Presidents- funksie by.

Saterdag se druk program begin reeds om 06:30 op die De Jager atletiekbaan [eerste item 07:00] gevolg deur die swemitems [eerste sessie reeds om 10:00]. Na die tweede sessie [13:30] skuif die aksie na die Highgate Volstruisplaas waar die Galafunksie die aand om 19:00 plaasvind. Dit sluit die prysuitdeling en groot braai en kuier in [meer as 1000 het reeds aangedui dat hulle daar gaan wees! Hierdie tradisionele funksie is eie aan tweekamp en bied die geleenthed aan alle spanne om mekaar op meer informele basis te leer ken. Om die verrigtinge so glad as moontlik te laat loop is daar 140 beamptes van oor die hele Suid-Afrika aan diens.

Van die hoogwaardigheidsbekleërs wat die opening gaan bywoon sluit in die waarnemende burgemeester van Oudtshoorn, raadslid Zoë Tyatya, Desmond Speelman [Voorsitter Eden Sportraad], Jean Neethling [DCAS Distriksbestuurder], Gerhard Louwrens [President SA Twee-kamp] asook al die provinsiale voorsitters borge en eregaste – in die besonder Alex Hooper wat stigterborg van

Van die land se top atlete gaan hier wedywer om podiumplekke. Van die bekendste atlete is Eden se Johan Windt, Peirre Spies, Judah Spies, Marsel Roos, Cornel Kruger, Keyla Douglas, Jeandre Swanepoel; OP se Inaya Mouchilli, Mia Schellink, Eli Kannemeyer,  Elne Reynolds, Liam Wedderburn, Ninah Wedderburn, SVS se Zoe Morgado, Jame Sue Vermaas, Francois Deacon, Lynette Fisher, Rika Vermaas, Adri Vermaas; NWP se Ava Leigh de Kock, Egbert Palmer, Stephan Malan, Shannon Kruger, Zoli de Kock, Jacolien Swart, Marthinus Swanepoel; GW se Adalein Maritz, Lehane Lategan, Gea March, Karli Botha; GN se Pierre Spies, Willem de Beer, Johanna Buys, Ewan Vorster; MPU se Hannah Morgado, Jessica Matthysen,David de Villiers, Adrian Lopes:

Terselfdertyd word die land se top tweekampskole [laer- en hoër] bepaal – ‘n gesogte prestasie! In 2025 se Skolekompetisie het Eden puik gevaar – van die 98 laerskole eindig LS Outeniqua tweede met Paarl Gim wat wen en LS George-Suid [3]. In die Hoërskole afdeling [87 skole] verwerf HS Punt ‘n brons medalje met HS Durbanville [1], HS Sentraal [2] en HS Outeniqua [4].

Sonder die ondersteuning van gewillige borge kan so ‘n prestige byeenkoms net eenvoudig nie plaasvind nie – dankie aan die hoofborge Weskaap Departement van Kultuursake & Sport, 3CUBE Management, Oudtshoorn Munisipaliteit, Highgate Volstruisplaas, Wimpy [De Beergroep]. Hulle word wonderlik ondersteun deur menige sekondêre borge en donateurs. In die besonder wil ons Jakhals Events Management uitsonder as een van ons getroue vennote.

Die beknopte program sien as volg daaruit:


Vrydag:
12:00 – Spanbestuurders
13:00 – Spanfotos
15:50 – Verbymars
16:00 – Opening
17:30 – Presidentfunksie

Saterdag:
07:00 – Baanitems
10:00 – Swemitems A
13:30 – Swemitems B
19:00 – Gala-funksie

Die 2027 50ste SA Tweekamp Kampioenskappe is weer aan Eden Tweekamp en Oudtshoorn toegeken!