Eden Kampioenskappe van storms….
Wat ‘n Eden Tweekamp Kampioenskappe het die 144 ingeskrewe atlete nie Di 1 Maart op Oudtshoorn ervaar nie – hitte, donderweer, hael, reën, mooi weer! Die baandeel moes vir 20 min gestaak word om die hael en reën kans te gee om te bedaar…. en toe moes die atlete in plasse water hardloop! Baie van die jonger atlete het die pret daarin gesien en in die reën baljaar! Na die medaljeparade is die Highgate Eden Tweekampspan van 90 atlete gekies vir die SA Kampioenskappe in PE op 1 & 2 April 2022. Baie geluk aan HS Outeniqua en LS George-Suid Eden se skole kampioene vir 2022! Hulle verteenwoordig Eden in die skole kompetisie op die SA Kampioenskappe in Gqeberha! Saam met hulle neem ook HLS Oakdale, LS Outeniqua, Glenwood PS en LS Wesbank deel aan die SA Skole kompetisie…..
Baie geluk aan die span! Die spanbestuur is Stephnie McKay, Dave van der Walt, Yvonne McKay en Jana Botha.
