Eden Tweekamp maak reg vir besige seisoen….
Na ‘n baie suksesvolle 2024/25 seisoen is die Bestuur van Eden Tweekamp besig met die beplanning van moontlik nog ‘n besiger 2025/26 sesioen wat alreeds vroeg in Oktober 2025 afskop. Behalwe vir 2 interprovinsiale byeenkomste [ OP IP – 1 Nov 2025 & HIGHGATE – 7 Febr 2026], is Eden Tweekamp ook weer die gasheer vir die 49ste SA Kampioenskappe wat op 20/21 Maart 2026 op Oudtshoorn aangebied word! Daarbenewens bied Eden Tweekamp nog 2 proewebyeenkomste, 4 ligabyeenkomste, die Wimpy Dubbelsbyeenkoms, Eden Kampioenskappe, 3 ontwikkelingsklinieke en ‘n kapasiteitswekswinkel aan. Om al die reëlings in plek te kry word gereeld Reëlingskomiteevergaderings gehou met die AJV [15 Okt 2025] en die Startegiese Beplanningsvergadering [14 Jan 2026] die leding te gee.
Wat is tweekamp? Dit bestaan uit 2 dissiplines, hardloop [400-800m] en swembad-swem [25-100m]. Die seisoen strek vanaf 1 September tot April. Dit dek ouderdomsgroepe vanaf 7 – 80+ jare vir beide mans en dames. Dit is werklik ‘n gesinsport wat lewensvaardighede bied. In Eden word al die byeenkomste [uitgesonder die interprovinsiale byeenkomste] op Dinsdae namiddae gehou om atlete die geleentheid te bied om ook nog ander aktiwiteite te beoefen!
Die Eden Tweekamp Uitvoerende Bestuur onder voorsitterskap van Stephnie McKay, beleef tans ongekende groei. Daar word ‘n lewendige FB-blad bedryf [edenbiathlon.co.za] asook ‘n op-datum webtuiste [ www.edenbiathlon.com ] – besoek dit gerus. Daarop sal al die nodige inligting vir die byeenkomste en ander aktiwiteite gekry kan word. Vir nog meer inligting kan die operasionele bestuurder, Dave van der Walt, gekontak word by 082 7734 901 of davesusvdw@gmail.com
