Goeie SA’s vir Eden Tweekamp……….
Eden Tweekamp het die jaar op ‘n hoë noot afgesluit met hulle deelname aan die 49ste SA Tweekamp Kampioenskappe in Oudtshoorn, 20/21 Maart. Die span van 95 het hulle stem dikgemaak tussen die groot provinsies en na WP [wenners], Boland en Guateng-N, vierde geëindig – geen geringe prestasie nie. In die junior afdeling eindig Eden ‘n skitterende derde! Marsel Roos [10] en Mandi Wallace [20] is vereer vir hulle aantal deelnames aan SA’s. Eden spog met 7 medaljes plus die 6 vir SB atlete. Geluk aan:
0/9 S
- Liam de Wet [silwer]
0/13 S
- Judah Spies [silwer]
0/15 D
- Leah Hopper [brons]
0/15 S
- Pierre Spies [goud & nuwe SA rekord]
MD40
- Leane Labuschagne [brons]
MM40
- Marsel Roos [silwer]
MM70
- Johan Windt [brons]
SB
- Michelle Lombard
- Elizabeth Botes
- Miena Baardman
- Maja Ehlers
- Jannie Lourens en
- Danie Botes met hulle goud!
In die skole kompetisie wys Eden sy krag: Laerskole – George-S [SA kampioene] met Outeniqua LS derde en hoërskole Outeniqua Hoër die SA Hoërskole kampioen!
Groot dankie aan al ons atlete, ouers, beamptes, spanbestuur, bestuur, borge en ondersteuners – julle dra ons! Die 50ste SA Kampioenskappe is weer in 2027 aan Oudtshoorn toegeken – sien julle daar!
