Nov 25, 2024 | Media Release

Highgate Interprovinsiaal open nuwe era in SA Tweekamp….

Tweekamp Biathlon Oudtshoorn

Eerskomende naweek [4 & 5 Febr] vind die 30ste DCAS/GROTER OUDTSHOORN/HIGHGATE Interprovinisiale Tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn plaas. Wat dit meer geskiedkundig maak, is dat na baie jare die struktuur van tweekamp in Suid-Afrika hernuwe is om aan internasionale standaarde te voldoen! Hierdié byeenkoms is die eerste interprovinsiaal wat onder die omstandighede aangebied word – in effek beteken dit dat alle wenners dus effektief SA rekordhouers word! Die organiseerders vanjaar, EDEN & WP Tweekamp, is besonder bevoorreg om as gaste die Weskaapse Minister van Kultuursake & Sport, me Anroux Marais asook die Burgermeester van Oudtshoorn, Chad Louw, te kan kry. Ook die President van SA Tweekamp, Blackie Swart, sal die byeenkoms bywoon.

Wat die byeenkoms nog meer geskiedkundig maak is die feit dat die amptelike opening van die SA Tweekamp Museum Vrydagaand 4 Februarie op Highgate. Dit is die eerste in sy soort en die feit dat SA Tweekamp vir Highgate Volstruisplaas gekies het om dit te huisves, spreek boekdele oor die betrokkenheid van HIGHGATE en sy eienaars [Hoopers en Kellers] oor byne 30 jaar!

Sewe van Suid-Afrika se top tweekampprovinsies, WP, Boland, OP, EDEN, Suid-Vrystaat, GW en Grens neem deel an die skouspel. Van die land se top atlete en huidige SA Kampioene tel onder die 435 ingeskrewe atlete: WP – Tatiana Thomatos, Shimone v d Merwe, Mila Aucamp, Lize-Ann Aucamp, Marille BassJshua Scott, Roger bezuidenbhou, Michael Archer; OP – Mia Prinsloo, Jenna Coetzee, Connor Bagley, Matthew van Coller, Anke Serfontein; EDEN – Johan Windt, Mike McDonald, Tanya Osborne, Calan du Plessis, Esrie Bezuidenhout, Marilyn Orren; GRENS – Micheal Forbes, SFS – Archie Markgraaff; BOL – Mariaan Malan, Ilse Beukman, Liezel Wessels, Gareth Haarhoff, Niel Naude, Dieter Naude, Coenie Slabbert, Karlien Kotze, Jordaan Stemmet, Daniel Schaefer. Atlete vanaf 0/8 tot 70+ neem deel aan die gesogte gesinsport! Toegang is gratis en daar sal voldoende kos- en ander stalletjies wees.

Vrydagaand 4 Febr vind die spanbestuurdersvergadering op Highgate plaas waarna die amptelike opening van die SA Twekamp Museum sal plaasvind. Saterdagoggend begin die byeenkoms om 08:00 op die De Jager Sportkompkleksbaan waarna dit oorskruif van die NA Smit swembad vir die swemitems. Die aand vind die Gala-aand om 16:30 plaas waar die prrysuitdeling, sokkie en tradisionele braai plaasvind!

Tweekamp Biathlon Oudtshoorn
Tweekamp Biathlon Oudtshoorn