Ses Goue Medaljes vir Eljada Nasorg op SA’s…..

Jun 3, 2026 | Media Release

Tydens ‘n spesiale byeenkoms Vrydag 29 Mei by Eljada Nasorg is 6 van hulle tweekampatlete beloon met hulle goue medaljes wat hulle op die afgelope SA Twqeekamp-kampioenskappe verower het. Eden Tweekamp was een van die kampvegters vir die insluit van ‘n afdeling vir gestremde atlete vanaf klubvlak tot en met nasionale vlak in tweekamp as sport. Hierdie besluit het groot lof van menige sportliggame en die gemeenskap meegebring. Minke Janse van Rensburg, die internasionale swemster, het reeds haar loopbaan se begin in hierdie kategorie onder die Eden vaandel gehad! Tydens die geleentheid het Gerda Swart, Eljada Nasorg se hoof, Eden Tweekamp geloof vir die feit dat hulle die ekstra myl stap met gestremde atlete – spesifiek die Eljada atlete!

Stephnie McKay [voorsitter] en Dave van der Walt [operasionele besturrder] het die medaljes gaan oorhandig aan die 6 atlete – Jannie Lourens, Danie Botes, Michele Lombard, Miena Baartman, Maja Ehlers en Elisabeth Botes. Graag wens Eden Tweekamp en die sportgemeenskap van Oudtshoorn hierdie atlete geluk en ook sterkte vir die toekoms! Hulle wys aan die res van ons wat gedoen kan word…….

Eljada Nasorg Oudtshoorn medaljes

vlnr:  Dave van der Walt, Michele Lombard, Miena Baartman, Elisabeth Botes, Jannie Lourens, Danie Botes,  Stephnie McKay, Gerda Swart

Dave van der Walt oorhandig Michele Lombard se medalje

Dave van der Walt oorhandig Michele Lombard se medalje.

Stephnie McKay oorhandig Danie Botes se medalje

Stephnie McKay oorhandig Danie Botes se medalje.